Franse Nasionale Vergadering stem vir volle befondsing van aborsie

Europa - - 01 Nov 2012 - Print - Email

Selfs terwyl die land se maatskaplike sekerheidsbegroting afgeskaal word, het die Franse Nasionale Vergadering gestem om volle belastingbetalerbefondsing vir aborsie en voorbehoeding aan te bied, berig LifeSiteNews.com. Vanaf 2013 sal openbare dekking van aborsie-uitgawes opgestoot word van 70 persent vir chemiese aborsies of 80 persent vir chirurgiese aborsies tot 'n volle 100 persent, binne die limiet wat jaarliks deur die openbare gesondheidsversekeringstelsel vasgestel word. In dieselfde sessie het die Vergadering gestem om voorbehoeding 100 persent gratis te maak vir alle meisies tussen die ouderdomme van 15 en 18. Dit sluit alle vorme van voorbehoedmiddels in wat in aanmerking kom vir Maatskaplike Sekerheid dekking: meeste hormonale pille, pleisters, inplantings, intra-uteriene toestelle en vaginale ringe.

Bid: dat die Nasionale Vergadering baie noukeurig na sy besluite oor aborsie sal kyk en oorweeg hoe dit tot promiskuïteit kan lei. (Ps.130:1-4)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue17788.html