Print this page

Franse media ignoreer protes teen radikale Islam

Europa - - 16 Nov 2012 - Print - Email

’n Patriotiese optog vir Franse waardes en kultuur, en teen radikale Islam, is feitlik deur Frankryk se polities korrekte media verduister. Oor die naweek het betogers gesing teen Islamitiese fascisme en oor die Franse oorwinning oor Arabiese indringers in 732 nC. Dit was die eerste optog van sy soort in Frankryk. 'n Breë koalisie van groepe van regoor Frankryk het saamgespan omdat hulle voel hulle verloor hul land aan radikale Islam, Sharia-wetgewing en 'n polities korrekte instelling wat die verspreiding van Islam aanmoedig. 'Sharia-wetgewing word stadig in ons land afgedwing en ons wil hierheen opruk om dit te protesteer omdat ons regering niks doen nie,' het een Franse betoger gesê. Frankryk het meer Moslems as enige ander Europese nasie. Sommige meen daar kan soveel as 15 miljoen Moslems in Frankryk wees, hoewel die amptelike syfer baie laer is.

Bid: dat, ten spyte van die gebrek aan reaksie deur die Franse media, die boodskap by die mense sal uitkom.(1Kor.1:18)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2012/November/French-Media-Blacks-Out-Protest-against-Radical-Islam/