Op 31 Oktober sal Francois Hollande se kabinet 'n konsepkopie van wetgewing beoordeel wat, indien dit goedgekeur word, die huwelik in Frankryk sal herdefinieer ten spyte van toenemende teenkanting. Die Franse president het belowe dat 'huwelike' van dieselfde geslag teen middel 2013 ingestel sal word. Die konsepwetgewing sal 'n herdefinisie van die huwelik voorstel sodat dit 'gekontrakteer word tussen twee persone van verskillende geslag of van dieselfde geslag', volgens die Franse premier Jean-Marc Ayrault. Die dokument sal ook bepalings uiteensit vir paartjies van dieselfde geslag om kinders aan te neem. Hierdie bepalings sal nie uitgebrei word na ongetroude paartjies van dieselfde geslag nie. Ayrault het gesê: 'Ná 'n baie breë konsultasieproses wat natuurlik godsdiensleiers betrek het, het ek besluit. Dit gaan oor die versekering van regverdigheid en gelykheid wat die evolusie van ons samelewing weerspieël'. Baie burgemeesters en onderburgemeesters regoor Frankryk het egter gewaarsku dat hulle nie selfdegeslagseremonies sal voorsit as die wet verander word nie. Meer as 1 200 van hulle het 'n petisie onderteken teen die herdefiniëring van die huwelik.
Bid: teen hierdie wetgewing en verdere stappe om die huwelik te herdefinieer. Bid dat die burgemeesters wat hulle uitspreek teen sulke skuiwe sal vashou aan hul oortuigings. (Heb.13:4)