Die Franse president Francois Hollande het gesê dat hy dreigemente wat Al-Kaïda teen sy land gemaak het ernstig opneem. Hy het Dinsdag gereageer op dreigemente wat deur Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM) gemaak is in 'n videoboodskap wat op 25 April geplaas is. 'Ons neem die bedreiging deur AQIM ernstig op,' het Hollande in Parys gesê en bygevoeg dat ondanks aansienlike verliese wat aangerig is op Islamiete in Mali, 'het die terreurbedreiging nie verdwyn nie'. Ons glo dus dat ons die operasie in Mali moet voortsit vir so lank as wat dit neem, selfs al verminder ons ons teenwoordigheid, en bly waaksaam rondom Mali om die stryd teen terreur voort te sit.' Ons glo dus dat ons die operasie in Mali moet voortsit vir so lank as wat dit neem, selfs al verminder ons ons teenwoordigheid, en bly waaksaam rondom Mali om die stryd teen terreur voort te sit. Hollande het gesê hy het maatreëls beveel om Franse installasies in die buiteland te beskerm.
Bid: dat diegene wat vrede bedreig gedwarsboom sal word. (Hand.4:29)
Meer: http://www.aljazeera.com/news/europe/2013/05/201357201852923861.html