Europa se eerste Christelike Aandele-indeks is verlede week bekendgestel deur Stoxx Beperk, 'n wêreldwye indeksverskaffer en skepper van die voorste Europese aandele-indekse. Die Stoxx Europe Christian Index sal die prestasie meet van 533 maatskappye wat gekies is uit die Stoxx Europe 600-indeks volgens die waardes en beginsels van die Christelike godsdiens. Volgens The Financial Times sluit maatskappye in die indeks HSBC, Nestlé, Vodafone, Royal Dutch Shell en GlaxoSmithKline in. Dit is gevorm om beleggers in staat te stel om deel te neem aan die prestasie van Europese maatskappye wat aan Christelike morele en sosiale leerstellings voldoen. “Met die bekendstelling van die indeks gee Stoxx erkenning aan die groeiende aantal Christelike markdeelnemers wat in ooreenstemming met hul geloofsoortuigings wil belê,” sê Hartmut Graf, HUB. 'Die nuwe indeks verskaf 'n breë verteenwoordiging van Europese maatskappye wat verantwoordelik optree op 'n etiese, omgewings-, sosiale en ekonomiese vlak; en is dus in lyn met Christelike waardes.'
Bid: vir Christene oral dat hulle wys sal wees met hul finansies terwyl hulle God se leiding soek. (Spr.1:5)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/first.christian.share.index.launched/25798.htm