Print this page

Die Europese Parlement kritiseer die versuim om CIA-marteling en uitlewerings te ondersoek

Europa - - 20 Sep 2012 - Print - Email

Die Europese Parlement het met 'n oorweldigende meerderheid 'n nuwe resolusie aanvaar wat die rol van Europese state in die CIA se geheime aanhouding- en martelprogram veroordeel. Die Parlement kritiseer lidlande omdat hulle versuim het om hul verpligting na te kom om ernstige menseregteskendings wat verband hou met die CIA-program te ondersoek, en wys daarop dat vorige ondersoeke belemmer is deur 'n gebrek aan deursigtigheid, die voorkoms van politieke belange, die beperking van die slagoffers se reg op effektiewe deelname, en gebrek aan streng ondersoektegnieke. Die Parlement doen 'n beroep op Roemeniƫ en Litaue, veral, om ondersoeke te heropen in die lig van nuwe bewyse wat deur Reprieve gelewer is. In Pole, waar 'n vervolgingsondersoek na etlike jare steeds aan die gang is, het die Parlement die gebrek aan amptelike kommunikasie oor die omvang, gedrag en stand van sake van die ondersoek betreur.

Bid: dat hierdie nuwe resolusie daartoe sal lei dat die lidlande enige menseregteskendings sal ondersoek en nie terughou nie. (Spr.31:9)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/17046