Print this page

Europese Hof se uitsprake stuur verkeerde boodskap

Europa - - 17 Jan 2013 - Print - Email

Dinsdag se uitsprake oor godsdiensvryheid het die verkeerde boodskap uitgestuur oor die posisie van godsdienstige geloof in Brittanje vandag, het Theos, die dinkskrum vir godsdiens en samelewing, gesê. Van die vier diskriminasiesake is slegs een, Nadeia Eweida, vir die betrokke Christen beslis. Die ander drie – verpleegster, Shirley Chaplin; huweliksberader, Gary McFarlane; en registrateur Lillian Ladele – almal verlore. Alhoewel elke saak versagtende besonderhede het, en daar 'n afwykende uitspraak in Ladele se saak was, is die algemene indruk dat die verstekposisie 'n eng interpretasie is van die reg om godsdiens te manifesteer. Elizabeth Oldfield, Direkteur van Theos, het gesê: 'Geskille rondom vryheid van godsdienstige oortuiging en manifestasie is 'n onvermydelike deel van die lewe in 'n vrye en diverse samelewing. Dit wil egter voorkom asof die howe fouteer aan die kant om godsdiensvryheid te beperk eerder as om godsdiensvryheid te akkommodeer.

Bid: dat, met die resultate van hierdie gevalle wat gemengde boodskappe stuur, God ons wysheid sal gee oor hoe om te bid. (Ef.3:12)

Meer: http://www.theosthinktank.co.uk/comment/2013/01/15/european-court-judgements-send-wrong-message-about-religious-freedom-says-theos