Nederland: 'As dit 'Allah Akbar' gesê het, sou die raad dit nie gewaag het om dit te probeer verwyder nie,' sê Marianne Bons, 'n lid van die NG Protestantse Kerk en praat oor 'n plaasdak waarop 'Jesus red' is in enorme letters geskilder. Die raad sê die teks moet weg. Die plaas se eienaar, 'n Christen, weier om te gehoorsaam. 'Jy mag in enigiets in hierdie land glo, solank dit niks met Christene of die Kerk te doen het nie,' sê me Bons en beskryf die Nederlandse houding teenoor godsdiens. http://www.rnw.nl/english/video/christians-defensive
Frankryk: Vrydag in Parys. ’n Versteekte kamera wys strate wat deur groot skares Moslem-aanbidders versper is en deur ’n private veiligheidsmag afgedwing word. Dit is alles onwettig in Frankryk: die openbare aanbidding, die geblokkeerde strate en die private sekuriteit. Maar die polisie is beveel om nie in te gryp nie. Die Moslems in die straat het nie-amptelike regte gekry wat geen Christelike groep waarskynlik sal kry onder Frankryk se 'Laicite', of sekularisme-wet. 'n Franse burger wat die Islamisering van Parys dopgehou het, het besluit dat die wêreld moet sien wat gebeur. Met 'n versteekte kamera het hy video's op YouTube geplaas. Sien skakel: http://www.youtube.com/user/ciceropicas
Bid: dat die Kerk in Europa met vrymoedigheid teen hierdie Islamitiese invalle sal praat. (Ps.138:3)
Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2010/August/Islamization-of-Paris-a-Warning-to-the-West/