Aand na aand kruip hulle in groepe saam en probeer desperaat om warm te bly. Die gelukkiges aas komberse en plastieklakens. Ander slaap op die heuwels en wag vir hulp om op te daag. Terwyl die wêreld sy aandag op gebeure in die Midde-Ooste en Noord-Afrika fokus, is 'n humanitêre krisis in Europa aan die gang. Dit is Lampedusa, 'n piepklein stukkie normaalweg ongerepte Italiaanse paradys in die suidelike Middellandse See wat 'n stinkende vlugtelingkamp geword het vir duisende desperate mense wat uit onrus en armoede vlug. Lampedusa, wat nader aan Tunisië as aan Italië geleë is, is lank reeds gewoond aan 'n druppel vlugtelinge wat op sy kus land. Maar niks kon dit voorberei het vir die aanslag wat die bevolking oorval het nie. Oor die afgelope twee maande het 'n geraamde 20 000 migrante na die eiland gestroom in 'n uittog wat tot onlangs deur die Italiaanse regering en die res van Europa geïgnoreer is.
Bid: vir die mense van Lampedusa, Italië en die EU terwyl hulle die baie vlugtelinge hanteer wat die eiland binnegeval het.
Meer: http://www.independent.co.uk/news/world/europe/europes-twilight-zone-2260110.html