Die Europese Unie het die skepping van 'n werkgroep aangekondig om Christelike minderhede by te staan in lande regoor die wêreld waar hulle vervolg word. Die inisiatief wat deur die Italiaanse minister van buitelandse sake Franco Frattini van stapel gestuur is, is om EU-lidlande se ambassadepersoneel te help weet hoe om in te gryp namens vervolgde Christelike minderhede. Frattini sê dat voor aksie die eerste stap sal wees om 'n handleiding te skryf wat aan die ambassadepersoneel van alle EU-lidlande gegee sal word. Dit is die eerste Europese regeringsorganisasie wat daaraan toegewy is om die vervolging van Christene aan te spreek, het hy in 'n onderhoud in die Italiaanse koerant Avvenir gesê. EU-ontleder Jonathan Racho sê 'Hierdie paneel sal 'n amptelike EU-regeringsagentskap wees wat ontwerp is om in te gryp namens 'n nasie se Christelike minderheid,' het Racho gesê. 'Hulle sal namens vervolgde Christene pleit, al gaan die verslag wat ons uit ons bronne het nie baie in detail in nie.'
Bid: vir hierdie inisiatief om God se hulp te bring aan diegene wat vervolg word vir hul geloof in Jesus. (Ps.9:13)
Meer: http://www.wnd.com/index.php?fa=PAGE.view&pageId=132577