Denemarke: Radikale Islamitiese bedreiging

Europa - - 28 Apr 2011 - Print - Email

Op Mohammed se verjaardag het Denemarke se Moslems opgeruk onder 'n vaandel wat gesê het 'Islam is vrede en liefde.' Maar elemente van Denemarke se Moslem-gemeenskap het radikaliseer. Twee jaar gelede het Moslems op dieselfde plek as 'n vreedsame betoging 'n pro-Israel-betoging ontmoet met Hitler-groet, uitroepe van 'verowering' en 'dood die Jode'. Denemarke is besmet met dieselfde multikulturalisme wat in ander Europese nasies as 'n mislukking verklaar is omdat dit Islamitiese radikalisme bevorder. Kopenhagen stadsregering laat die bou van 'n Shia-moskee toe, wat gedeeltelik deur Iran gefinansier sal word. Iranse vlugtelinge na Denemarke wat uit die Islamitiese radikalisme gevlug het, staar nou die nagmerrie in die gesig van daardie radikalisme wat hulle na Kopenhagen volg. Iranse immigrante het daarteen betoog. 'Dit is nie regtig 'n moskee nie. Dit is meer soos 'n barak,' sê die Islam-kenner Lars Hedegaard, president van The International Free Press Society, met sy hoofkwartier in Kopenhagen.

Bid: dat God sal verhoed dat verdere Islamitiese agendas in Denemarke (en elders) wortel skiet. (Ps.24:1)

Meer: http://europenews.dk/en/node/42633