Print this page

Denemarke: 80 Dene het by Sirië geveg

Europa - - 03 Des 2013 - Print - Email

Denemarke se veiligheidsdiens het Sondag gesê hy dink sowat 80 mense het sedert middel 2012 van Denemarke na Sirië gereis om by die burgeroorlog aan te sluit. In 'n verslag het die diens bekend as PET gesê dat diegene wat na Sirië reis hoofsaaklik Sunni-Moslem-mans tussen 16 en 25 jaar oud is. Minstens sewe is in Sirië dood en ongeveer 40 het weer na Denemarke teruggekeer, het PET gesê. Die Sirië-konflik het honderde buitelandse vegters uit Europese lande gelok, van wie baie by Islamitiese militante groepe aangesluit het. Die Noorse intelligensiediens PST het gesê 'n geskatte 30 tot 40 mense - en moontlik meer - het uit Noorweë vertrek, insluitend twee tienersusters van 16 en 19 jaar oud wat verlede maand nuus gemaak het.

Bid: dat die owerhede maniere sal vind om die werwing van vegters in Sirië te stop. (Spr.10:12)

Meer: http://europenews.dk/en/node/74540