"Staan op, word verlig, want jou lig het gekom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op." Dit was die Skrif wat gebruik is om 'n byeenkoms van Europese Christene in Praag van 1-3 Desember te roep. Vir baie jare is Europa aan die periferie van die Heilige Gees se blaas. Afgevaardigdes by die konferensie het standpunt ingeneem en glo as die Europese nasies bymekaarkom en begin om 'n eenheid in Europa te bou, sal God 'n seën beveel. Christene in Europa neem standpunt in teen 'n verdeelde Europa. Die afgevaardigdes beoog om te begin leer wat in spesifieke lande gebeur en vir mekaar te begin bid. Die afgevaardigdes het ook erken: 'Dit is moontlik dat hierdie eenheid nie tot stand kan kom sonder bekering van die dinge waaraan ons in die verlede skuldig was omdat ons teen ander lande oortree het nie. Ons moet ook berou hê oor alle vooroordele wat ons teen ander lande en hul mense het.'
Bid: dat God hierdie inisiatief tot eenheid sal seën. Bid ook dat die begeerte om saam te bid sal groei en meer 'Gebedswagte' en 'Huise van Gebed en aanbidding' sal baar. (Jes 40:3)