’n Gespanne kalmte het teruggekeer na die Tsjeggiese Republiek waar amptenare sê sowat 100 ver-regse aktiviste is aangehou in gewelddadige betogings teen sigeuners, ook bekend as Roma. Amptenare het gesê inhegtenisnemings is gemaak in ten minste agt stede, wat Saterdag soos 'n oorlogsone gelyk het. Onlustepolisie het traangas gebruik om te verhoed dat honderde ver-regse aktiviste 'n distrik binnegaan wat hoofsaaklik deur Roma bewoon word. Daar was gewelddadige botsings tussen klipgooiende betogers en polisie in wat regte-aktiviste beskou het as 'n vertoning van haat teenoor die reeds gediskrimineerde en grootliks verarmde Roma-minderheid. Voorspraakgroep Amnestie Internasionaal het die Tsjeggiese regering versoek om 'te verseker dat hierdie betogings nie tot geweld teen Roma-gemeenskappe lei nie, en dat diegene in gevaar die beskerming kry wat hulle nodig het'. Regte-aktiviste het teenbetogings in verskeie stede gehou, onder meer in die hoofstad Praag. Regeringsamptenare het gesê die anti-Roma-betogings is aangevuur deur wat hulle ''n lys van leuens' genoem het wat deur die internet versprei is. (Sien Gebedswaarskuwing 32-2013)
Bid: dat die aktiviste wat hierdie betogings en haatbewegings teen die Roma aangehits het, gestop sal word.
Meer: http://www.bosnewslife.com/30084-news-watch-czech-republic-detains-100-in-massive-anti-roma-protests