Duisende Spaanse gesinne is gedwing om te midde van Spanje se ekonomiese krisis na die hulpagentskap Caritas te wend vir hulp. Die jaarverslag vir die Almeria-tak van Caritas het aan die lig gebring dat Spaanse gesinne wat voedselhulp in 2012 ontvang het, meer as immigrantegesinne was – 4 652 vergeleke met 3 844. Besonderhede van die verslag van 38 bladsye is deur die Fides-nuusagentskap gepubliseer en het getoon dat Spaanse en immigrantegesinne in 2012 saam meer as 'n miljoen kilo's voedselhulp ontvang het. onlangs dat die ekonomie in die tweede kwartaal met net 0,1% gekrimp het, die stadigste tempo van daling in byna twee jaar. Maar die finansiële krisis het rekordvlakke van werkloosheid veroorsaak en hoewel die aantal geregistreerde werkloses in die afgelope vyf maande gedaal het, word verwag dat die werkloosheidsyfer vir die volgende vyf jaar bo 25% sal bly.
Bid: vir die Spaanse regering dat hulle hul finansiële situasie sal bemeester. Dank God vir Caritas en die ondersteuning wat hulle vir behoeftiges gebied het. (Ps.132.15)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/caritas.aiding.spains.new.poor/33657.htm