Bulgarye se regering bedank te midde van betogings

Europa - - 22 Feb 2013 - Print - Email

Bulgarye se regering het uit sy amp bedank ná landwye betogings teen hoë elektrisiteitspryse, wat by 'n lang lys Europese administrasies aangesluit het wat deur besuinigingsmaatreëls omvergewerp is. Eerste Minister Boiko Borisov het probeer om betogings te kalmeer deur sy minister van finansies af te dank, te belowe om kragpryse te verlaag en maatskappye in buitelandse besit te straf, maar die maatreëls kon nie ontevredenheid ontlont nie en betogings het Dinsdag voortgegaan. Baie Bulgare is diep ongelukkig oor hoë energiekoste, kragmonopolieë, lae lewenstandaarde en korrupsie in die armste land van die Europese Unie. Minstens 25 mense is hospitaal toe geneem nadat betogers laat Dinsdag met die polisie gebots het. "Ek sal nie deelneem aan 'n regering waaronder die polisie mense slaan nie," het Borisov gesê toe hy Woensdag sy bedanking aangekondig het. Die premier het nie gesê of 'n parlementêre verkiesing wat vir Julie geskeduleer is, nou vervroeg sal word nie.

Bid: vir die mense van Bulgarye dat regverdige leierskap gevind sal word om diegene wat tans gesag het te vervang. (1Kr.21:12)

Meer: http://www.aljazeera.com/news/europe/2013/02/2013220732222598897.htm l