Print this page

Bulgarye optog teen armoede en korrupsie

Europa - - 07 Mar 2013 - Print - Email

Tienduisende mense het regoor Bulgarye betoog teen armoede en korrupsie. Die jongste betogings het gekom ondanks die bedanking van die regering en beloftes van vroeë verkiesings. (Sien Gebedswaarskuwing 08-2013) Die betogings het gevolg op vroeëre massiewe betogings met mense wat 'Mafia, Mafia' geskree het, te midde van verontwaardiging oor stygende elektrisiteitspryse met soveel as 13 persent in wat die Europese Unie se armste lidstaat is. Betogers het buitelandse maatskappye sowel as korrupsie op hoë vlak die skuld gegee. Dit het geleidelik gegroei tot 'n burgerlike onrus wat die gevestigde orde uitdaag. Twee weke gelede het botsings tussen die polisie en betogers twee dosyn mense beseer gelaat en het premier Boiko Borisov se sentrum-regse kabinet genoop om te bedank. Hy is intussen met hoë bloeddruk in die hospitaal opgeneem. Die regering se bedanking het die weg gebaan vir vroeë verkiesings, wat op 12 Mei gehou sal word. Tog het Bulgare hul frustrasie uitgespreek oor die politiek en wat hulle sien as onvervulde beloftes van EU-lidmaatskap. Die Balkan-nasie het in 2007 by die blok van 27 nasies aangesluit.

Bid : vir die mense van Bulgarye terwyl hulle deur hierdie oorgang gaan om te sien dat nie-korrupte en regverdige regering verkies sal word. (1Kr.21:12)

Meer : http://www.bosnewslife.com/26862-news-watch-bulgaria-marches-against-poverty-corruption