Griekeland - wat beskou word as een van die mees gesinsgeoriënteerde lande in Europa, sien nou hoe kinders by kleutergroepe, kerke en pleegliefdadigheidsorganisasies in die steek gelaat word omdat ouers nie meer kan bekostig om vir hulle te sorg nie, aangesien die finansiële krisis wydverspreide werkloosheid regoor die land veroorsaak het. ’n Priester het aan die BBC gesê hy het nog nie voorheen op kinders afgekom wat bloot in die steek gelaat is nie. 'Die ouers sê hulle het nie geld of skuiling of kos vir hul kinders nie, so hulle hoop ons sal dalk vir hulle kan voorsien wat hulle nodig het. In 'n hartverskeurende voorval - 'n enkellopende werklose ma het haar kind in pleegsorg by 'n liefdadigheidsorganisasie geplaas ná twaalf maande op soek na werk. Alhoewel sy nou werk het, kan sy nie bekostig om haar dogter terug te neem nie aangesien sy slegs £16 per dag verdien. Voorheen het kinders in pleegsorg gegaan as gevolg van dwelm- en alkoholverslawing in die gesin. Nou is dit as gevolg van armoede.
Bid: dat God Griekeland se politici en bankiers en leiers in handel en nywerheid die strategieë sal gee om Griekeland terug te lei na Sy doel. (Spr.21:5-6)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/broke.greeks.giving.up.their.children/29149.htm