Print this page

België: Polisie arresteer 10 in 'Islamistiese terreurkomplot'

Europa - - 25 Nov 2010 - Print - Email

Die polisie in drie lande het 10 radikale Islamiete gearresteer oor 'n terreurkomplot om België aan te val, sê die Belgiese federale aanklaers. Hulle is ná ’n jaarlange ondersoek deur die polisie in die Belgiese stad Antwerpen in België, Nederland en Duitsland in polisie-swoops aangehou. 'n 'Internasionale jihadistiese terreurgroep' het na bewering beplan om 'n ongespesifiseerde teiken in België aan te val. Die polisie-ondersoek het ook gekyk na befondsing vir 'n Tsjetsjeense militante groep. Die 10 verdagtes is Dinsdag in gelyktydige operasies in hegtenis geneem, het 'n woordvoerder van aanklaers in 'n persverklaring gesê. Onder die 10 in hegtenis geneem is Belge, Nederlanders, Marokkane en Tsjetsjenen, en die meeste van die aangehoudenes is woonagtig in Antwerpen, het die aanklaers se woordvoerder gesê. In die loop van die Belgiese ondersoek is 'n aantal ander mense ook in Spanje, Marokko en Saoedi-Arabië in hegtenis geneem.

Bid: dat regerings en owerhede wysheid sal ontvang oor hoe om terroriste te hanteer. (Jer.1:19)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-11820008