België: Hof laat toe om te dagvaar vir 'onregmatige geboorte'

Europa - - 17 Jan 2011 - Print - Email

Die appèlhof in Brussel het beslis dat ouers dokters mag dagvaar wat versuim om 'ernstige gestremdhede' van voorgebore kinders te diagnoseer, met die veronderstelling dat as die ouers geweet het hulle die gestremde kind deur 'n aborsie sou laat vermoor het, berig LifeSiteNews.com. Die uitspraak van 21 September het gesê: 'Die verkeerde diagnose het beslis nie die kind se gestremdheid veroorsaak, wat voor die fout bestaan het en wat nie reggestel kon word nie.' Maar, het die hof gesê, 'die besering [wat] vergoed moet word, is nie die gestremdheid self nie, maar die feit om met sulke gestremdhede gebore te word.' Die hof het opgemerk dat aborsie in die beste belang is van die kind wie se ouers dit wil laat doodmaak, en let op dat sedert aborsie gewettig is, 'die wetgewer moes help om die geboorte van kinders met ernstige abnormaliteite te vermy, met inagneming van nie net die belange van die moeder, maar ook dié van die ongebore kind self.'

Bid: dat hierdie beslissing omgekeer sal word en die lewe eerbiedig sal word. (Jes.42:5)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue11592.html