Die eerste vertaling van die Bybel in die Mohawk-taal is in Kanada gepubliseer. Gedeeltes van die Bybel in Mohawk is in 1715 in 'n boek van Oggend- en Aandgebed gepubliseer, maar dit is die eerste keer dat die hele Bybel in die taal inheems aan Noord-Amerika gedruk is. Harvey Satewas Gabriel het sy moedertaal sy hele lewe lank bestudeer en 40 jaar aan sy doelwit gewy. In 'n onlangse onderhoud het die 84-jarige Harvey gesê: 'Jy word nooit moeg om met die Woord van God te werk nie'. Vertaling van en betrokkenheid by die Skrif is strategies en waardevol vir die herlewing van taal en kultuur. Die Kanadese Bybelgenootskap hoop dat die feit dat die hele Bybel in druk is, 'n positiewe bydrae tot die lewe van die Mohawk-kerk sal lewer.