Print this page

Tabitha: 'Jesus is magtig om te red'

Videomateriaal van Tabitha Nazir Gill, 'n Christen-verpleegster, wat deur kollegas geslaan word, het in 2021 virale gegaan nadat sy daarvan beskuldig is dat sy Pakistan se strafkode oortree het deur Mohammed te beledig, 'n misdaad wat die doodvonnis oplewer. Sy het gaan wegkruip terwyl die polisie se ondersoek voortgegaan het. Later het sy gesê: 'Die gepeupel wou my doodmaak, maar ek het aangehou om tot Jesus te bid en ek het my oë oopgemaak en gevoel ek sien engele. Van daardie oomblik af het ek geweet dat ek gered sou word. Ek is dankbaar teenoor Jesus Christus, my Here en my God, dat Hy my my vryheid gegee het. Jesus is magtig om te red.' Sy het God gedank vir diegene wat haar veilige deurgang uit Pakistan verseker het, insluitend 'die wonderwerk' van 'n immigrantevisum na 'n nuwe land in die Weste, wat om veiligheidsredes nie bekend gemaak kan word nie.