Joodse en Christelike leiers by Knesset

Joodse en Christelike leiers wat vyftien nasies verteenwoordig het by Israel se parlement, die Knesset, vergader om te bespreek hoe die Skrif sê dat die wet van die Here uit Jerusalem sal kom. Miga 4:2 sê: Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. Knesset-lede van die Netanyahu-koalisie en die opposisie het die byeenkoms toegespreek. Ohad van die Religious Sionist Party het gesê: 'Die Bybel is die kern van die basis en die kern van ons identiteit en van alle Westerse beskawings. Ons moet almal ons verhouding, verbintenis en kennis van die Bybel versterk en verdiep.' Michael van die opposisie National Unity Party het ander bedank vir hul verbintenis tot die staat Israel. Dr Ruth Plummer het bygevoeg: 'Vandag was so 'n belangrike tyd vir die Knesset-lede, die rabbi's en Christelike leiers om die woord van God saam in die hoofstad, Jerusalem, te bestudeer. Dit was net pragtig.'