Twee en 'n half jaar nadat hulle in hegtenis geneem is, is agt Christene wat van ontvoering en die gedwonge bekering van 60 kinders beskuldig is, in Madhya Pradesh vrygespreek. Die twee mans en ses vroue is gearresteer terwyl hulle saam met die kinders na 'n Bybelkamp in Nagpur gereis het. Al het die ouers, uit 'n stam-agtergrond, toestemming gegee vir hul kinders om te gaan, is die groep se leiers aangehou en van onwettige godsdienstige bekering van die kinders aangekla. Die 'teen-bekeringswet' in Madhya Pradesh vereis dat 'n persoon regeringstoestemming moet verkry voordat hy van godsdiens verander.