Print this page

Turkye getuienisse

Naskokke skud steeds die oostelike Middellandse See so ver as Irak, na aanleiding van die hewige aardbewings in die suide van Turkye en Noord-Sirië wat meer as 50 000 dooies en miljoene haweloos gelaat het. Te midde van al die ellende, dood en verwoesting hoor ons getuienisse van mense wat na meer as 'n week lewendig begrawe en uit die puin gered is. Hulle het almal 'n blink figuur in wit ervaar wat na hulle toe gekom het en vir hulle iets gegee het om te drink.