’n Christenhulpwerker in Laos het vervolgde Christene besoek in gebiede waarheen niemand sou gaan nie. Sy aktiwiteite het die owerhede uitgedaag, en hulle het hom gearresteer vir 'onwettige beweging van godsdiens'. In die tronk het hy gevrees dat hy sou sterf. Gevangenes het hulself op die vloer verlig, en mense het van honger gesterf. Maar hy het aanhou bid en nadink oor die bediening se radioboodskappe van bemoediging. Hy is ná twee maande vrygelaat. Hy is aangesê om op te hou om mense van Christus te vertel, maar sy geloof was onbedwingbaar, en hy het met vrymoedigheid voortgegaan. 'n Laotiese dame het van Christus gehoor deur die bediening se radio-uitsendings. Haar man en familie het haar gedurig gedreig omdat sy tot bekering gekom het, maar uiteindelik het hulle almal Christus aangeneem. Haar huis is nou 'n huiskerk vir vyftig Christene, en haar man is 'n ouderling van die kerk. Elders het die polisie 'n nuwe huiskerk wat 'n pastoor toegewy het, kom sluit. Hy het die toewyding voortgesit ten spyte van hul dreigemente.