Irakezen, Moslems, Christene en diegene wat glad nie gelowig is nie, skakel in op 'n radiostasie wat hemelsbreed verskil van wat normaalweg op Midde-Oosterse luggolwe gehoor word. 'Saut al Salam' of 'Voice of Peace' word uit 'n piepklein ateljee in Qaraqosh uitgesaai en bereik 150 000 luisteraars wat sy naam gestand doen. Die programme het geen politiek of konflikte nie. Die uitsaaiers vertel stories oor die kerk, Christenskap en Christelike lewe, en verdryf baie wanopvattings in die Moslemwêreld wat van geslag tot geslag oorgedra word. Byvoorbeeld om te dink dat Christene net daarvan hou om partytjie te hou en alkohol te drink. Saut al Salam verander verkeerde persepsies met programme oor kinders grootmaak, Christelike musiek en die rapportering van kulturele kerkgebeure. Hulle hoogste hoop is dat luisteraars, van wie 'n meerderheid nie Christene is nie, 'n boodskap van vrede, bedagsaamheid en liefde sal hoor.