Toe Riaan Swiegelaar, medestigter van die Suid-Afrikaanse Sataniese Kerk, vir 'n Christelike radio-onderhoudvoerder sê dat hy nog nooit onvoorwaardelike liefde betoon is nie, het sy hom kom omhels. Hy het gesê dat hy nog nooit iemand dit laat doen het nie en nie geweet het 'n Christen kan hom onvoorwaardelik aanvaar nie. Na onderhoude wat bevestig dat satanisme groei, het hy self 'n ritueel gedoen om te sien wat die volgende stap was. 'Hoe kry ek meer mag en invloed? Ek het myself oopgemaak, en Jesus het verskyn. Ek was uiters verwaand en het gesê: "As U Jesus is, bewys dit". Hy het my oorspoel met die mooiste liefde en energie, en ek het dit dadelik herken oor wat die dame by die radiostasie vir my gedoen het.' As 'n baba Christen sê Swiegelaar hy is nie seker wat volgende vir hom is nie, maar hy weet hy sal voortgaan om meer van Jesus te leer en in sy liefde te groei.