Southern Baptists in die VSA het 'n resolusie aanvaar wat 'prosperity gospel' verwerp - die teologie dat Jesus se offer- en versoenende dood aan gelowiges gesondheid, rykdom en die verwydering van armoede en siekte verleen. Die voorsteller van die resolusie het gesê: 'Dit is 'n verdraaiing van Bybelse vrygewigheid, buit kwesbare mense uit. en blameer diegene wat siek is vir 'n gebrek aan geloof, terwyl hulle 'n Bybelse verstaan van lyding korrupteer. Die konsepte kom uit Afrika, heidense praktyke en voodoeisme.' Die resolusie is met oorweldigende steun aanvaar; daar is besluit dat 'God en God alleen ons hoogste goed en ons hoogste skat is - nie gesondheid, rykdom of die verwydering van siekte nie. Ons vertroue is in ons ewige erfenis wat deur die werk van Christus gekoop is en word gewaarborg deur die inwonende werk van die Heilige Gees.' Die resolusie beweer dat Christene moet 'waak teen valse lering en valse profete wat in skaapsklere na ons toe kom'.