Twee Chibok-meisies behaal grade

Twee van die 276 Chibok-skoolmeisies wat in 2014 deur Boko Haram-ekstremiste ontvoer is, het hul meestersgrade in die VSA voltooi. Lydia Pogu het 'n meestersgraad in Menslike Dienste-administrasie voltooi, en Joy Bishara 'n meestersgraad in Maatskaplike Werk. "Boko Haram het vir ons gesê skool is 'n taboe vir vroue en het ons gewaarsku dat as ons teruggaan skool toe, hulle ons sal kom haal," het Lydia gesê. "Ek het gedink al my drome het verander, maar God het 'n ander plan met my gehad."