Khalia sê: 'Nadat ek uit Irak se oorlog gevlug het, het ek kommer oor my Islamitiese geloof gehad. Met geweld, oorlog en bloedvergieting oral het ek die Koran-leringe verwerp. In 'n soeke na waarheid, het ek 'n plaaslike Jordaanse kerk begin bywoon en was geïntrigeerd deur die liefde wat ek daar gevoel het en die leringe oor Jesus. Ek het begin om die weeklikse preke saam met lede van 'n Bedieningspan deur te gaan. Hulle het my gehelp om die Bybel beter te verstaan. Stadig het my hart begin oopgaan vir die waarheid. By 'n Paassondag-viering het ek tot persoonlike geloof in Christus gekom. Vandag is ek 'n aktiewe kerklidmaat en dien gereeld saam met die kinderbediening-uitreikspan. Jesus het my nuwe lewe gegee. Ongeag die koste, ek sal die Here dien.'