Rashid Mohamed Salim is op 29 Januarie in 'n dorpie in die DRK deur plaaslike jeugdiges vasgetrek en gevange geneem. Hy is aan die weermag oorhandig en in hegtenis geneem. Universiteit-opgeleide Salim is as tiener by 'n gewilde moskee in Mombasa geradikaliseer. Hy is verbind met die werwing van jeugdiges in terreurgroepe in Oos-Afrika, en met verskeie terreuraktiwiteite. 'n Bron het gesê: 'Hierdie jong man is 'n groot terroris. Hy is 'n baie groot speler in die aktiwiteite om Christene te slag. Ons het al foto's en kort films ontvang van hom wat Christene se kele afsny. Hy neem hulle vang of laat vang deur mede-rebelle, neem dan foto's van die moorde op sy foon en publiseer dit as propaganda.' Kenia se teenterreurpolisie het 'n beloning van $100 000 vir sy gevange geneem. Hy is gevange geneem op pad terug na Kenia vanaf Cabo Delgado waar hy by Mosambiek se IS-groep aangesluit het.