Print this page

Tsjad: Bybels bereik die onbereiktes

Op 30 Desember is 'n Migaama Nuwe Testament bekendgestel. 'n Christen het gesê: 'Hierdie vertaalde woord het bowenal die vryheid gegee om die woord van God te eniger tyd in die praktyk toe te pas. Dit het sekere tradisies verbreek – wrok, probleme met vergifnis en versoening. Dit het ons krag gegee om weerstand te bied in moeilikhede. Dit het hierdie gegriefde volk verander om Christenmense vol liefde te word. Ten slotte het hierdie woord 'n skild geword vir die Christelike Migaami-mense. Hulle maak voortdurend van hierdie skild gebruik om probleme die hoof te bied.' Die leier van die Migaami het gesê: 'Die woord van God wat in ons taal vertaal is, kan lewens verander.'