Libanese pastoor geestelik gewaarsku

Pastoor Said Deeb, in Beiroet, het 'n vreemde gevoel gehad op die dag van die ontploffing. ' Ek het gevoel iets sleg gaan gebeur,' het Deeb verduidelik, 'asof die Heilige Gees sê: "Gaan! Gaan! Gaan!”' Hy was onrustig, het 34 personeellede huis toe gestuur en Bybelklasse vir 200 kinders gekanselleer. 'Hulle het gedink ek het my verstand verloor, maar dit was die Heilige Gees se aansporing', het hy verduidelik. Toe gebeur die ondenkbare - 200+ mense is dood, 7 000 beseer en 300 000 haweloos gemaak. 'Ek het gedink dit is die einde, maar die Here het 'n ander plan gehad. Ten spyte van die afgryse van Beiroet se dodelike ontploffing, bring God iets goeds uit die as. Ek sien hoe mense na Jesus toe kom soos nog nooit tevore nie, nooit! - en 'n groot aantal priesters wat tot dieper geloof kom, priesters wat kom vir die doop van die Heilige Gees met die tekens en wonders wat daarop volg. Dit is dus tyd vir Libanon.'