Hy het soos 'n vrou aangetrek, grimering gedra, homself Danielle genoem en aan drag queen-kompetisies deelgeneem. Maar daar was geen geluk in die gay-leefstyl nie. 'Ek het in die spieël gekyk en kon myself nie herken nie. Dit het my bang gemaak.' Kon God hom vergewe? Hy het weggestap van kompetisies en een Sondag kerk toe gegaan. Aan die einde van die diens het Daniël vorentoe na die altaar gestap om Jesus in sy hart te ontvang. Die pastoor het hom 'n warm, verwelkomende handdruk gegee. 'Ek het op sy skouer gehuil en hy het aanhou sê: “Die Vader het jou lief. Hy het jou lief. Hy het jou lief". My hart het begin breek en ek het gesê: “Jesus, ek onderwerp my, ek gee oor aan U”'. Daniel het bande met die LBGT-gemeenskap verbreek en elke oorblyfsel van sy vorige lewenstyl vernietig. 'Ek het geweet dat die Vader my liefhet. Ek het nog nooit so tuis gevoel in my vel nie.' Hy is nou by Living Waters Ministries, wat mense regoor die wêreld help om gebrokenheid deur Christus te oorkom.