Print this page

Dominikaanse Republiek: IJM se groot mylpaal

Prys die Here dat die International Justice Mission (IJM) sy eerste samewerkingsooreenkoms met die sakesektor in die Dominikaanse Republiek onderteken het. IJM en Aerodom, die grootste netwerk van lughawens in die land, span kragte saam om 'n einde aan sekshandel te bring. Hulle loods bewusmakingsveldtogte in die lugterminale, rus hul personeel toe om die tekens van mensehandel te herken, en stel bykomende protokolle in om hierdie misdade by plaaslike owerhede aan te meld.