In wat Mianmar se 'Tiananmen-oomblik' genoem is, het suster Ann Roza voor gewapende veiligheidsmagte gekniel om te keer dat hulle op burgerlikes skiet. Sy was besig om behandeling by 'n kliniek te gee toe groepe betogers verbygekom het; toe is daar op hulle geskiet en deur die polisie en weermag geslaan. 'Ek was geskok en het gedink vandag is die dag wat ek sal sterf. Ek het hulle gevra en gesmeek om dit nie te doen nie en het gehuil soos 'n mal mens, soos 'n moederhen wat die kuikens beskerm. Ek het gedink dit sal beter wees dat ek sterf in plaas van baie mense. Ek het hardop gehuil. My keel was in pyn. My bedoeling was om mense te help ontsnap en vry te wees om te protesteer en om die veiligheidsmagte te stop. Ek het hulle gesmeek. Daai tyd was ek nie bang nie.'