Christene in Pakistan 'nie tweedeklas burgers nie'

Met die erkenning van die behoefte om die misbruik van 'godslastering'-wette te beperk en slagoffers van valse beskuldigings, gedwonge huwelike met Moslems en gedwonge bekerings te beskerm, het die regering 'n spesiale assistent vir die eerste minister oor godsdiensharmonie en die Midde-Ooste aangestel. Daar word gehoop dat hierdie aanstelling 'n einde sal maak aan die sosiale struktuur waar Christene minderwaardig is as Moslems, beperk tot laagbetaalde werke soos straatvee en latrine skoonmaak. 'n Beduidende regeringsverklaring het bevestig dat minderhede wat in Pakistan woon 'nie tweedeklasburgers' is nie, en waarborg dat hulle beskerm sal word onder die regte en voorregte wat in Pakistan se grondwet verskans is. Daar is ook nou 'n griewe-hulplyn ingestel om valse beskuldigings van 'godslastering' aan te meld.