Gratis virtuele boeke vir kinders

Engelse kinders sal toegang tot gratis boeke aanlyn kan kry tydens skoolsluitings via 'n virtuele biblioteek. Nadat skole na afstandsonderrig oorgeskakel het, het die internetklaskamer Oak National Academy (ONA) die biblioteek geskep, wat 'n boek per week van sy skrywer van die week sal verskaf. Die doel is om toegang vir jong lesers, veral die mees benadeeldes, tot e-boeke en oudioboeke te verhoog. ONA word deur die Departement van Onderwys befonds en het sedert 4 Januarie meer as 28 miljoen lesse verskaf. Die National Literacy Trust het gesê baie kinders se geletterdheidsvaardighede is diep geraak deur die eerste toesluit en skoolsluitings. 'Ons sal alles in ons vermoë doen om kinders, gesinne en onderwysers tydens hierdie nuwe inperkingstydperk te ondersteun.'