Tanzanië: duisende gered by Operasie Decapolis

Gary Smith, een van die evangeliste by 'n twee weke lange uitreik, skryf: 'Vanaand was die laaste aand van die kruistog in Singida. Die afgelope twee weke was absoluut ongelooflik met duisende reddings, wonderwerke en mense vervul met die Heilige Gees. Ek is bly oor alles wat die Here gedoen het. Ek het getuienisse van biskoppe en pastore gehoor wat baie bly is omdat baie nuwe gelowiges vanoggend by hulle kerk aangesluit het. Dit is elke dollar werd wat spandeer word en elke dag weg van familie, om te sien hoe mense gered en in die plaaslike kerk geplant word. Dit is nie net om bekeerlinge te maak nie, maar om magtige dissipels van die Here Jesus Christus te maak! Halleluja!'