'n Rekordgetal Christene (108) staan vir verkiesing in die Egiptiese verkiesings wat tussen 24 Oktober en 8 November gehou word. Hierdie Christene is op die vier partylyste en beveg 284 setels wat aan politieke partye in die parlement toegeken is. Daar was voortdurend positiewe boodskappe van president Sisi om Egipte se Christelike gemeenskap, een van die oudste en grootste Christelike gemeenskappe in die streek, te beskerm. In vorige verkiesings is Christen-kandidate verbied om deel te neem of gedwing om te onttrek weens dreigemente van geweld. Aanvalle en druk op Kopte duur voort in landelike gebiede, maar hierdie positiewe ontwikkeling is baie welkom.