Voormalige transgender dwelmhandelaar sien 'coronarevival'

Nichol Collins was twintig jaar lank 'n transgender dwelmhandelaar, en het toe 'n Christen geword ná 'n wrede aanval. As predikant vir die laaste paar jaar het sy saam met mense op sosiale media gebid om die doop van die Heilige Gees te ontvang. Toe die pandemie oor die VSA versprei het, het sy oproepe begin kry van mense wat geestelike hulp gesoek het. 'Mense was doodbang en het begin sê: "Haai, ek het gehoor dat jy saam met mense bid om die Heilige Gees te ontvang," het Collins verduidelik. 'Ek maak altyd duidelik dat ek dit nie uitdeel nie. God stort sy Gees in die laaste dae uit op alle vlees. Ek is net 'n kanaal om saam met mense te bid, soort van coach hulle daardeur. Verduidelik dit, maak hulle gemakliker. Dit is 'n geskenk aan elkeen wat vra volgens Lukas hoofstuk 11:13.' Onlangs is meer as 120 mense gedoop.