Print this page

Libanon: Christelike uitsaaier bied vertroosting

Die enigste Arabiese Christelike televisie-uitsaaier in Libanon saai spesiale regstreekse programme uit, wat dopgeskokte kykers gerusstel ná die groot Beiroet-ontploffing op 4 Augustus. Die volgende dag het SAT-7 'n spesiale Arabiestalige program uitgesaai – die Pyn en Hoop. Plaaslike Christelike leiers ds Dr Hikmat Kashouh en Dr Nabil Costa het versekering aan kykers gebied en regstreeks op die lug gebid vir die families van diegene wat in die ontploffing dood is, vir diegene wat vermis word en vir die beseerdes. Christelike TV-programme sal voortgaan om 'n platform te bied vir bedroefde en getraumatiseerde kykers in Libanon om vertroosting te vind en gebed te soek in die nasleep van die ramp, terwyl hulle voortgaan om te bedien aan 'n land wat geteister word deur politieke twis, ekonomiese ineenstorting, honger en sosiale onrus. Libanese mense soek ander om saam met hulle hartseer en in gebed te staan in die nasleep van hierdie katastrofe. Christelike uitsaaiwese bied opregte hoop.