Twee weke gelede het ons saam met Amerikaanse voorbidders gebid vir 'n tsoenami van gebed om momentum te kry en positiewe verandering in die VSA te bring (1 Samuel 2:1). Hierdie week loof ons God vir Heilige Gees veranderinge wat plaasvind. Vir 'n bemoedigende video, gaan na . Daarop sal jy 'n aantal Christelike groepe sien wat herlewingsdienste hou op die terrein waar George Floyd in Minneapolis gesterf het. Hulle sien hoe baie mense hulle tot God wend, en wonderwerke gebeur in 'n herlewing wat glo na ander stede in die VSA versprei. Kan dit 'n vroeë aanduiding wees van die beloofde Groot Ontwaking waarvoor ons bid?