Iran: ondergrondse kerk in Covid-19-krisis

'Sodra die uitbreek van die virus aangekondig is, het ons al ons aangesig-tot-aangesig-vergaderings gestaak,' sê 'n geheime Iranse gelowige. 'In hierdie tyd van krisis het ons elke dag meer as tien uur se gebedsbyeenkomste gehad. Ons het 'n spesiale gebedskedule geskep wat ons "Frontlyn" noem, waar gebedslede feitlik kan in- en uitstap om saam te kom bid.' Geopende Deure-vennote het hulle aanlyn hulpbronne gegee. Maar hul situasie is benard. Inflasie is so hoog dat mense nie kan bekostig om vleis, pluimvee of vrugte te koop nie. In hierdie donker tye vir die land, skyn die ondergrondse kerk helder. Hulle deel hul kos en sanitêre items met hul gemeenskappe. Kerklede voel geseënd om hierdie werk te kon doen: 'Die verspreiding was 'n wonderlike en ongelooflike ervaring. Mense was verstom toe ons vir hulle die kos gegee het – God loof met dankpsalms, gehuil, omhelsing en geskreeu.'