Print this page

Die keuse van die lewe

Ruth Coghill, wat 'n onverwagte swangerskap in haar 40's in die gesig gestaar het, is 'n aborsie deur haar dokter aangebied. 'Hy het vir my en my man laat weet dat dit nou ons keuse is of ons ons baba wil aborteer. Toe ek huis toe gaan, kon ek dit nie uit my gedagtes kry nie. Dit was net nie in my verwysingsraamwerk nie. Ons het drie pragtige kinders gehad, en ek is nog nooit so gevra nie. Was dit net oor my ouderdom? Waaroor het dit alles gegaan? Toe begin ek wonder; wat sou ek gedoen het as Bob nie by my was nie? Wat as ek nie iemand gehad het wat my liefgehad het wat my sou help om hierdie kind groot te maak nie? Al hierdie vrae het by my begin opkom. Maar ek het dit laat gaan, en ons pragtige seuntjie is gebore.' Rut het die lewe gekies.