Print this page

Ex-terroriste lei bekeerlinge beweging

Ahmad Quraisy (nie sy regte naam nie) was 'n bevelvoerder van die gevreesde Islamitiese Staat van Indonesië, 'n militante terreurgroep. Hy het 'n lang pad gestap sedert hy byna 'n Protestantse kerk in Jakarta opgeblaas het. Nou lei die 48-jarige voormalige terroris 'n ondergrondse beweging in Indonesië wat Moslems tot persoonlike geloof in Christus bekeer. Sy beweging het gegroei tot sowat 7 000 lede, almal voormalige Moslems. Hulle ontmoet in huiskerke regoor die land, het hy in 'n uitgebreide onderhoud onthul. Om Islam te verlaat bly 'n hoërisiko-onderneming in die wêreld se grootste Moslemnasie. Maar, sê hy, 'dit was al die swaarkry werd wat ons verduur het'. Vir sy storie, klik die 'Meer'-knoppie.