’n Vrou wat onwettig na China gevlug het, is onlangs gedoop, al kon so ’n optrede daartoe gelei het dat sy gerepatrieer en vermoor is. Meer as twee jaar gelede het Bon-Hwa die grens na China oorgesteek, waar dit onwettig is om Noord-Koreaanse ontsnaptes te help. Ten spyte van die risiko, het Geopende Deure-vennote 'veilige huise' langs die grens opgerig vir Noord-Koreaanse Christene, sowel as vir vroue wat in 'n huwelik gedwing kan word. Dit was by een van hierdie veilige huise dat Bon-Hwa 'n Christen geword het. Dit was te riskant om in haar nuwe tuisdorp gedoop te word, en daarom het sy en twee ander Christene, insluitend die pastoor, baie ure na 'n afgeleë plek vir die diens gestap. Die pastoor het gesê hy het amper gehuil: 'Dit was 'n pragtige oomblik en so 'n voorreg om 'n Noord-Koreaanse gelowige in hierdie omstandighede te doop.'