Philip het gesien hoe lede van sy geïsoleerde stamgemeenskap in Bangladesj aan eenvoudige siektes (malaria, diarree, geboortekomplikasies) sterf omdat daar geen mediese sorg was nie. 'Ek het God gevra om 'n deur vir ons gemeenskap oop te maak, want ek kon niks doen nie. Ek het nooit gedink dat God die deur deur my sou oopmaak nie!' Met hulp van Geopende Deure het Philip as 'n plattelandse dokter opgelei en na sy dorpie teruggekeer om as 'n pastoor en 'n dokter te dien, mediese hulp te verskaf en Christelike gesinne te ondersteun wat in 'n tradisioneel Boeddhistiese stamgemeenskap bespot en beledig is. 'Maar nou het hulle die Christene begin respekteer. Hulle koop medisyne by my en sê goeie dinge oor my diens. Ek bou goeie verhoudings met hulle en vertel hulle van Jesus Christus.'