Baadre-vlugtelingkamp in Irak huisves 15 000 Yazidi-vlugtelinge. Die leier van Baadre-kindersentrum het gesê dit is haar droom dat weeskinders wat van IS bevry ’n plek vol liefde en vreugde sal vind. In die 18 maande sedert dit geopen is, was daar 'n groot verandering in die kinders. Hulle oë blink nou weer, iets wat hulle verloor het deur hul verskriklike ervarings met die IS-militante. Sommige is gebore uit verkragting, die seuns en dogters van Yazidi-meisies en -vroue wat as seksslawe aangehou is. Maar nou is hulle in 'n mini-paradys, ontvang die liefde wat hulle nodig het, en leer Christelike waardes van wedersydse respek, hulp in moeilike tye, vertroosting en bemoediging.